Eindtydgebeure # 2a Genadetyd - Wie en Wat is die Kerk - HD

Published 2023-11-11
Voordat ons gesels oor die eindtydgebeure, is dit nodig om te bepaal waar ons ons bevind op God se kalender. Ek illustreer dit aan die hand van ‘n horisontale tydlyn.
Ons bevind ons tans in die Kerkperiode.

‘n Belangrike aspek waarop gelet moet word is dat die Kerk nie die plek ingeneem het van Israel nie. Die Kerk is nie geestelike of ware Israel nie.

Die ware Kerk daarenteen, is die liggaam van Christus wat uit Jood en Heiden bestaan (Ef.2:14,15).
Die Kerk is die ekklésia (gemeente) van God, uitgeroep uit die sondige wêreld (1 Pet. 2:9).
Die Kerk is die kudde van God waarvan Jesus die Opperherder is (1 Pet. 2:25; 5:4).
Die Kerk is die gebou van God, gebaseer op die fondament van die apostels en profete waarvan Jesus Christus Self die Hoeksteen is (Efe. 2:20,21).
Die Kerk is die nuwe volk van God, wat saamgevoeg is uit elke stam en taal en volk en nasie en nie Israel nie. (Op. 5:9).
Die Kerk is die bruid van Christus wat Hy met die wegraping wegneem met die bruilofsfees van die Lam wat kort daarna in die hemel plaasvind (Op.21:9; 19:7-9).

All Comments (1)